WELCOME TO COETZEE ALBERTS ARCHITECTS JOURNAL/BLOG
EDEN Argitektuur BLOG
Rubriek deur Lodewyk Coetzee & Adelai Alberts van Coetzee Alberts Argitekte
Goeie argitektuur behoort voortdurend die grense van gemak, kliënte behoeftes en estetiese impak te toets. Hierdie sinergie tussen dit wat prakties is maar tog visuele impak op ‘n nuwe kontemporêre manier het—was nog altyd die uitdaging.
Ons wil argitektuur skep wat d.m.v. die kliënt se vereistes tog visueel aanvaarbaar en esteties korrek is.
In hierdie artikels gaan ons die argitek se metodiek en verwysings raamwerk bekendstel.
ARGITEKTUUR:
wat behels dit ,die praktiese uitvoering daarvan en wie praktiseer dit.
Ons ondersoek huidige modes, universele tydlose ontwerpe asook of dit ‘n homogene geheel hoef of moet vorm: d.w.s. die FUSIE tussen praktiese ontwerp en skoonheid.
EMOSIE EN NOSTALGIE…
Argitektuur se hoofdoel is om ruimtes te skep vir menslike aktiwiteite, ‘n beeldhouwerk waarbinne jy leef. Sonder dat jy weet, raak jy emosioneel aangetrokke tot die ruimte. Die ‘gees’ van die toring bakstene om jou kom vat liggies aan jou onderbewuste … skielik onthou jy jou ouma se voordeur met die krulle-tralie hek, die rooi stoep en die groot geelhout tafel in die kombuis . Die warmte van die koolstoof en die gekraak van die hout plankvloere. Is dit nostalgie of het argitektuur iets met die herinneringe te doen?
DIE SKEP VAN SINVOLLE RUIMTES
Eers wanneer n SWAK deurdagte ontwerp GEBOU is ,kan die foute erken word deur ‘n amateur.
Hoeveel maal het kliënte die versugting: ’’ hierdie gang is te small en die agterste kamers is baie donker en koud—as die kombuis maar hier was en die badkamer is swak beplan……!’’
DIE ARGITEK BESKIK MEESTAL OOR ‘N UNIEKE VERMOEE om 3 dimensioneel te kan dink en dit wat hy/sy ontwerp ,te kan visualiseer. Hierdie kenmerk is baie belangrik.
Almal kan ‘n plan teken of bv. Chopsticks speel op die klavier MAAR min kan ‘n plan visualiseer nét soos min ‘n fuga kan speel.
ARGITEKTUUR MOET PRAKTIES UITVOERBAAR WEES.
Argitek studente word spesifiek getoets en gekeur vir hul 3-dimensionele vaardighede sowel as ingenieurs aanleg—‘n volle 3 jaar van die 6 jaar opleiding is ingenieurs hoofvakke, en dit tesame met die estetiese plasing van die ontwerp versmelt dan in die konsep.
Die argitek bedryf word gereguleer deur die Suid Afrikaanse Raad vir die Argitek professie, SACAP.
Hierdie raad se primêre funksie is om die professie te reguleer en om daardeur die belange van die publiek te beskerm. Daar is ‘n verskeidenheid kategorieë van registrasie waarbinne ‘n professionele persoon moet registreer, wat die bevoegdheid en opleiding van die persoon verteenwoordig. Dit hou direk verband met die vermoë asook tersiêre opleiding van die professionele party. In breë is daar twee hoof groeperings:
- Ontwerp van geboue en
- Tegniese resolusie en dokumentering daarvan.
Daar moet altyd verseker word dat die korrekte professionele persoon vir die korrekte projek aangestel word. U kan dit nagaan op SACAP se webwerf www.sacapsa.org.za.
Argitektuur mag nie verbeeldingloos wees nie
‘n Argitek is iemand wat eerstens geregistreer is in terme van SACAP se vereistes, en ook ‘n persoon wat spasies visualiseer en skep deur ‘n ontwerps proses.
Opleiding: ‘n Argitek het deur jare van opleiding by ‘n Universiteit / geakrediteerde instansie, ‘n voorgraadse kwalifikasie [3jaar] en ‘n nagraadse kwalifikasie [2jaar] met ‘n jaar prakties tussen is asook 2 jaar in-diens opleiding. Vir ‘n trotse argitek asook ‘n wetsgehoorsame aardbewoner, moet dié kwalifikasies ten toon gestel wees in sy/haar kantore ten alle tye, saam met sy/haar SACAP registrasie sertifikaat.
‘n Gebou se geboorte is ‘n deurdagte proses – ‘n kombinasie van ‘n verbeeldingsvlug en praktiese behoeftebepaling deur die kliënt en argitek.
Dit beteken die volgende: Argitekte evalueer die terrein asook akkommodasie lys en behoeftes van die kliënt. Binne hierdie beperkinge moet die ontwerp gebore word. Beperkinge soos
- Behoefte lys van kliënt
- Terrein beperkinge – oriëntasie, grense, bou lyne, titelakte voorwaardes, munisipale regulasies, groen wetgewing en nog vele meer.
Goeie argitektuur verg geduld, tyd en visie.
Kom volg die blog rubriek waar ons sal aantoon die hoekom, waarom en wat van ons metodiek –ons sal poog om dit wat in almal se sig is— ons huise, ons omgewings argitektuur en die essensie van PLEK EN WOON te behandel.
Lees saam oor hoe om ‘’HUIS en HAART, SKOONHEID EN DEUG kan versoen word deur goeie ontw