WELCOME TO COETZEE ALBERTS ARCHITECTS JOURNAL/BLOG
ARGITEKTUUR?
Argitektuur?
Wat behels argitektuur en dié uitvoering daarvan? Wie praktiseer argitektuur? Hoe moet argitektuur uitgevoer word? Hierdie is ‘n paar van die vrae wat op sal kom as daar gedink word aan oprigting van geboue, vrae wat ons sal beoog om te antwoord deur die skryf van ‘n paar artikels oor die tema van argitektuur.
Argitektuur is ‘n bedryf van ouds wat die hoof doel daar is om ruimtes te skep vir menslike aktiwiteite, hetsy die leef, werk of ontspanning is.
Daar is ‘n bewuste beweging in Suid Afrika om die algemene publiek bewus te maak van ontwerp en die voordeel daarvan om bewustelik ontwerpers betrokke te kry. Tans is die Wêreld Ontwerp Hoofstad, die stad Kaapstad met ‘n hele program vir 2015 daaroor. Die UIA het pas die Internasionale Konferensie in Durban afgesluit, konferensies soos Design Indaba, Decorex ens raak groot besprekings punte! Bronne van inspirasie en opgewondenheid.
Die aktiwiteite is uiters belangrik aangesien die algemene publiek in Suid Afrika nie die waarde waardeer van behoorlike deurdagte ontwerp en die voordele daarvan. Die gevaar egter is dat daar gedink word dat ontwerp en praktiseer van argitektuur vir enige iemand is, en ‘n maklike taak behels.
Die bedryf word gereguleer deur die Suid Afrikaanse Raad vir die Argitek professie, SACAP. www.sacapsa.org.za. Hierdie raad se primêre funksie is om die professie te reguleer om daardeur die belange van die publiek te beskerm. Daar is verskeie kategorieë van registrasie wat ‘n persoon in moet registreer, wat die bevoegdheid en opleiding van die persoon verteenwoordig. Dit hou direk verband met die vermoë van die persoon in watter gedeelte van die beroep hy/sy moet praktiseer. In breed is daar twee hoof groeperings: 1.Ontwerp van geboue en 2.Tegniese resolusie en dokumentering daarvan. Daar moet altyd verseker word dat die korrekte professionele persoon vir die korrekte projek aangestel word en dit kan nagegaan word op SACAP se webwerf. Meer hieroor in latere publikasies.
Die meer opgewonde gedeelte wat ons eerste wil aanspreek is die ontwerp, want uiteindelik is dit die deel waarmee ons as mens mee te doen het en die deel van argitektuur wat ons die meeste direk beïnvloed. Die primêre persoon verantwoordelik hiervoor is die Argitek. ‘n Argitek is iemand wat eerstens geregistreer is in terme van SACAP se vereistes, maar is ‘n persoon wat spasies visualiseer en skep deur ‘n ontwerp proses. ‘n Argitek is ‘n persoon, hoofsaaklik, wat deur baie jare van opleiding gegaan het by ‘n Universiteit, of ander geakrediteerde instansie met ‘n minimum opleidings tydperk van 6 jaar, gewoonlik met twee grade, ‘n voorgraadse kwalifikasie en ‘n nagraadse kwalifikasie. Dié kwalifikasies moet altyd nagegaan word, en is standaard ‘n baie trotse prestasie vir ‘n Argitek aangesien die studie jare uiters uitdagend is en word altyd onthou vanweë die ‘mal’ tye. Dié kwalifikasies moet ten toon gestel wees in ‘n Argitek se kantore ten alle tye, saam met sy SACAP registrasie sertifikaat.
Die proses word gewoonlik geïnspireer deur ‘n paar faktore wat sou kon insluit, 1. Die Terrein [die erf], 2. Die kliënt en die behoeftes van die kliënt, 3. Die begroting.
Daar is verskeie denkskole oor die ontwikkeling van ‘n gebou maar binne die omgewings bewuste ontwerp van ‘n gebou is een van die primêre drywers van ‘n gebou se vorm die terrein. Die oriëntasie na noord, beskutting teen oorheersende winde en reën, reaksie teenoor bepalings soos paaie, toegang ens. ‘n Faktor wat baie keer oorsien word is die beperkings wat addisioneel tot die erf is, byvoorbeeld, Argitektoniese Riglyne in die geval van ‘n erf in ‘n geformuleerde ontwikkeling, Historiese waarde van bestaande gebou op die betrokke erf wat ouers as 60 jaar is ens. Dié is ‘n faktor wat altyd oor nagevra moet word en kan deur die betrokke Eiendoms Agent of Munisipaliteit te vra van sulke beperkings.
‘n Gebou se ontwerp proses is ‘n deurdagte proses waar baie van die faktore van hierbo uiteengesit word deur die Argitek gevalueer word en ontwerp word. Plasing van die verskillende spasies wat bepaal word van ‘n kliënt se behoefte bepaling, word geplaas op die erf, waar die beste bepalings van elkeen sal he. Wat die verhouding van elke spasie teenoor mekaar word dan verder ondersoek. Dis ‘n heen en weer proses en behels gewoonlik baie lae papier, om ‘butcher paper’ soos dit geken word. Deurlopend word die vorm in drie dimensies gevisualiseer in die argitek se gedagtes sodat die gebou begin vorm kry. Uiteindelik sal die argitek met ‘n plan vorendag kom wat dan gevalueer word deur die kliënt en insette gevra. Sodra die plan goedgekeur is, word die plan ontwikkel in aansigte en drie dimensies, wat dan die vorm aan die gebou gee wat mense sal ervaar. Dit word voorgelê in aansigte, snitte en perspektiewe van die gebou in ‘n tekening formaat.